CUTTY SARK HOTEL

Hotel by Kariba in Zimbabwe




BESPREKINGS & PRYSE

ZIMBABWE AKKOM

ANDER KARIBA HOTELLE

COMMENTS

STUUR EPOS

ENGLISH 

TEMBA HOME

LINKS

SITE MAP 

GPS 16 32 02.05E, 028 49 10.04S
TEMBA BESPREKINGS - KANTOOR URE TEL+27 (0) 21 8550395


Cutty Cutty Sark Hotel in Kariba, Zimbabwe, is aan die bo-punt van Nzou-rylaan geleë en het ‘n pragtige uitsig oor die Kariba-Meer en die Matusadona-berge. Die Cutty Sark Hotel is veral op gesinne gerig, maar het ook ‘n uiters professionele konferensiediens.

Gaste by Cutty Sark gaan tuis in 48 kamers wat deur pragtig versorgde tuine omring word – reg op die oewer van die Kariba-meer. Daar is 30 kamers met twee enkelbeddens en 6 gesinskamers. Daar is ook 12 Delux kamers met TV. Al die kamers by Cutty Sark Hotel is en suite.

Die atmosfeer by Cutty Sark Hotel is ontspanne en rustig en die klem lê op pret. Gaste kan ontspan by die swembad of TV kyk op die terras terwyl hulle 'n drankie geniet. Daar is ook Wifi beskikbaar. Die Cutty Sark kan reel vir 'n bootrit, wildkykrit of visvangrit. Daar is 'n kinder speelkamer met TV, speletjies en video.

Die cuisine by Zimbabwe se Cutty Sark Hotel is voortreflik. Geniet ‘n heerlike ete in die eetkamer of op die terras. Vir spesiale funksies, soos troues, kan daar traditionele maramba sangers gehuur word.

Die konferensiegeriewe by die Cutty Sark Hotel in Kariba, Zimbabwe, sluit ‘n konferensielokaal vir 200 mense in.



 

 

 

HOTELS AND LODGES IN ZIMABAWE

Onderweg na Cutty Sark by Kariba sal jy moet oornag in die Matobos Nasionale park in Zimbabwe. As jy akkommodasie van dieselfde standaard as Cutty Sark verkies is Granite Ridge of die Farmhouse jou outomatiese keuse. As jy meer luuksheid kan bekostig moet jyMatobo Hills Lodge met sy asmerowende uitig oorweeg.

Na jou besoek aan Cutty Sark kan jy na Mutare en dan die Vumbaberge in die Oostelike Hooglande van Zimbabwe besoek. Hier bied die Leopard Rock hotel and oord uitsonderlike mooi uitsigte, uitstekende etes en een van die kontinent se mooist golfbane.

BOTSWANA AKKOMMODASIE

In Francistown sal jy moet kies tussen hotelle soos Thapama Hotel, Marang Gardens hotel of Woodlands en in Gaborone bied die Big Five Lodge bekostigbare akkommodaasie van dieselfde standaard as Cutty Sark aan.

NAMIBIA AKKOMMODASIE

In Namibia beveel Cutty Sark Hotel die volgende akkommodasie aan

Grunau Lodge, ook bekend as Grunau Motor Lodge, by die Shell Garage in Grunau in Namibië. Hulle bied selfsorg akkommodasie aan.
Grunau Country House is 'n bekroonde hotel in Gruanau.  Hul bied gerieflike akkommodasie en etes in 'n klein hotteltjie binne die dorpie. 
Kwando Kamp is 'n redelik luukse oord in die Caprivi of Zambezi distrik in die verre noorde van Namibië. Hierdie lodge is op die oewers van die kwando rivier.